Sirkel:  SWD

Tak:  Klein-Brakrivier

Portefeulje: Landbou

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum van vergadering:  29 Augustus 2018

 

Die VLV Klein-Brakrivier Tak, onder leiding van Landbou-sameroeper Marietjie Bothma, is die 29ste Augustus voorberei vir die lente!

 

Isabel van der Merwe en haar groep lyn-dansers het kom wys hoe winter-breine en winter-lywe wakker gemaak kan word met lyn-danse. Hierdie dansvorm verg baie konsentrasie en hou dus die brein goed wakker. Voeg daarby ritme, musiek en danspassies en die tone begin sommer wikkel.

 

Aussie Eybers van Groot Brakrivier se voëlkykers, het ook ʼn interessante praatjie gelewer oor – Tuine vir Voëls. Daar was veel om te sien en te leer oor ons plaaslike voël-vriende. Hy het wenke gegee oor wat gedoen kan word om hulle na jou tuin te lok, soos byvoorbeeld om die regte plante te plant. Van die plante waarna hy verwys het, was: proteas, klipdagga, kankerbossie, blou salie en aalwyne. Hy het verder uitgebrei oor ʼn paar van die 960 verskillende voëls en van die 96 foto’s gewys wat hy al in sy eie tuin geneem het. Natuurlik was hy kwaai oor katte wat so maklik van ʼn tuin-voëltjie ʼn versnapering maak en het sy gedagtes daaroor (vriendelik) gedeel.

 

Kyk rond en geniet hierdie lente en ons wonderlike voëllewe, soos die bruinkop visvanger, houtkapper, hoep-hoep, laksman, kwikstertjie en selfs die gewone mossie.

 

         Klipdagga               Speldekussing

 

 

  Blou salie               Kankerbossie

 

 

  Bruinkop visvanger         Hoephoep

 

 

Lyndansers gereed om weg te spring

 

Isabel van der Merwe vertel van die voordele van Lyndans

 

 

 

 

 

 

 

Aussie Eybers vertel oor geveerde vriende

 

 

 

 

 

 

 

 

Die gewone mossie of Cape Sparrow