Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Beriggewer: Elize Locke
Datum: 2 September 2018
Rika de Villiers het tydens die maandvergadering op 28 Augustus 2018 terugvoering gegee oor die pas afgelope Kongres op Goudini. Tydens die prysuitdeling by Kongres is verskeie trofees ontvang. Linzetta Smit het 1ste plek behaal vir Borduurwerk en haar Hardanger middellap is ook aangewys as die mees uitstaande artikel op Kongres. Johlene Muller het 2de plek en Elize Locke sesde plek vir hul borduurwerk behaal.
Annamarie van der Merwe het ‘n tweede plek behaal vir hekelwerk.
Ada Gericke kry ‘n tweede plek vir haar woordkuns: “Ligvoets deur die Lewe”.
Voëlvlei het die trofee vir die tak met die Meeste Punte in Leefstyl verower, die eerste keer in die 84jaar van ons bestaan.
Vlnr: Ada Gericke, Annamarie van der Merwe, Linzetta Smit, Elize Locke
Borduurwerk 1ste
Borduurwerk 2de
Borduurwerk 6de
Leave A Comment