Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 8 Augustus 2018

 

 

 

Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen – (Prediker 9:10)

Anneke van Rooyen( 74jaar) van Funky Ouma sout en haar dogter Johanita Eksteen besoek die tak. Anneke het haar man verloor aan kanker toe haar jongste dogter, Johanita, 12 jaar oud was. Sy het die gesin grootgemaak met groot mediese uitgawes. Anneke het koöperatief gewerk, en die agtergrond van besigheid geken. Dokters het die gebruik van perserveer-, kleurmiddels en soute(sodium) as gevaarlik beklemtoon, en dit het die idée geskep om gesonde soute te maak.

 

Anneke het al meer gefokus op die natuurlike Himalya soute. Sy het die etiket ontwerp wat vandag nog mense se aandag trek. Sy het verskeie kruie bygevoeg en Johanita wat spesialiseer in produkontwikkeling, het die kruietuin vergroot en meer soutprodukte op die mark geplaas.  Anneke was besig met die samestelling van ‘n kosboek, toe sy met kanker gediagnoseer is…

 

Dit was vir die gesin weer ‘n groot uitdaging. Johanita het aangegaan met die besigheid.

Dit bestaan huidiglik uit 13 verskillende lyne en 16 personeellede, waarvan Anneke en Johanita deel vorm.  Die soute word net by padstalle en klein markte verkoop.

Hulle is genader deur Shoprite en Checkers, maar sy verkies om eksklusief te bly. Johanita is die bemarker en haar moeder ondersteun haar.

 

Niks is te veel vir Funky Ouma en Johanita nie…..

Lede is bederf, omdat dit Vrouemaand is met ‘n geskenkpak van Funky Ouma soute.

 

Nikita de Witt, ‘n plaaslike leerder het die lede vermaak met prosa: Die Troukoek – Nataniël

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Uitstalling

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

       Inhoud van geskenkpakke

 

 

Funky Ouma Soute

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nikita de Wit – Voordrag van Troukoek deur Nataniël

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

        Spreker – Anneke van Rooyen regs.