Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  26 Julie 2018

 

‘n Kykie in die lewe van ‘n apteker:

‘n Apteker is ‘n professioneel gekwalifiseerde persoon wat medikasie uitreik in die bedryf of kan ook klasgee, medikasie vervaardig of in diens van die Staatsdiens wees as gemeenskapsapteker.

‘n Voorskrif met die hand geskryf is soms moeilik om te ontsyfer.  Deesdae reik dokters ook ge-drukte voorskrifte uit wat die risiko om verkeerde medikasie te voorsien, uitskakel.  Dit is die plig van die apteker om seker te maak dat

  • Pasiënte nie allergies is nie;
  • sekere siektekondisies soos asmalyers, diabetes, hipertensie in ag geneem word;
  • medikasie op die regte tyd geneem word of nie saam met sekere produkte soos alkohol- of melkprodukte geneem kan word nie;
  • pasiënte weet watter medikasie hulle reeds gebruik. ‘n Wenk is om die pilledosies af te neem en op selfoon te bêre of ‘n lysie te maak en in die beursie te bewaar.

 

Probleme waarmee ‘n apteker te doen kry:

  • Dis moeilik om in die bedryf medikasie voor te skryf omdat mediese informasie in die bedryf vertroulik hanteer word en die apteker dus die woord van die pasiënt moet aanvaar van medikasie wat reeds gebruik word.
  • Misbruik van medikasie: Medikasie word dikwels by die dokter en die apteker aan- gevra en kan dan verslawend raak.
  • Medikasie wat verval het, kan skadelik wees en word nie vernietig nie. Medikasie is net gewaarborg om effektief te wees tot by die vervaldatum.  Pasiënte kan ou medikasie en mediese afval na apteek neem vir vernietiging.
  • Ouer pasiënte ruil medikasie onder mekaar.
  • Medikasie word soms onttrek a.g.v. dalk ‘n verkeerde verbindingsmiddel en dan vernietig pasiënte dit nie.
  • Facebook en Google word deur pasiënte besoek en dan maak hulle verkeerde gevolgtrekkings.
  • Medikasie wat teen mekaar werk: Waferin kan ook gevaarlik wees, omdat dit bloed-verdunning veroorsaak en ‘n pasiënt van binne kan bloei. Dit mag nie saam met Brufen of Voltaren gebruik word nie. ‘n Asmalyer kan ook nie verkouemedikasie gebruik wat Brufen of Asperien bevat nie.

 

Wanneer is medikasie verslawend?:

  • Wanneer dit gebruik word vir ingeval dit dalk nodig mag wees. So is Voltaren en Co-dien verslawend as dit nie werklik nodig is om gebruik te word nie.
  • Dit is belangrik om elke ses maande ‘n nuwe voorskrif te verkry vir kroniese medikasie. ‘n Skildkliertoets moet ook gereeld gedoen word om vas te stel of die dosis nog reg is.

 

Dis baie belangrik om ‘n goeie oop verhouding met die apteker en dokter te hê sodat hulle te alle tye in belang van die pasiënt, die regte medikasie kan voorskryf.

Mediese advies:  Always laugh when you can, it’s cheap medicine.

 

Mary-Ann van Schalkwyk (Takvoorsitter & Sirkelsaamroeper vir Gesondheid), Zelda Herbst (plaaslike apteker), Alet Steenkamp (Taksaamroeper vir Gesondheid)

  

         

 

 

 

 

 

 

 

 

Pitkos:

Martel Fourie verduidelik die ondersoek van jou eie borste vir knoppe.  Elke lid ontvang ‘n pienk lintstrikkie vir kankermaand in Oktober.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ysbreker:

Die Gesondheidskomitee sorg vir ‘n bietjie lekker lag met hul opvoering:  Moleste in die teater.

 

 

 

 

 

 

Drie nuwelinge wat by ons tak aangesluit het:

 

Martie de Vries, Mary-Ann van Schalkwyk (voorsitter), Leonie Prinsloo, Marie van Zyl