Sirkel: Weskus
Tak: Moorreesburg
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Martelize Britz
Datum: 1 Augustus 2018
By hierdie vergadering was daar ‘n takkkompetisie waaraan baie lede deelgeneem het.
Sy het ook die aanhaling wat sê: “People will forget what you said, they will forget what you did, but they’ll never forget how you made them feel” gedeel. By die toerisme kantoor probeer hulle hierdie beginsels toepas.
Daar was ook 2 sprekers. Die eerste een was Anel King van die Toerismeburo van Moorreesburg. Sy het eers ‘n video vertoon van ‘n baie interessante viswinkel in Seattle in Amerika waar die werknemers op speelse wyse vis verkoop. Hulle gooi die vis vir mekaar en maak grappe. Die luim is baie gesellig en grappig en dit lok die klante. Die boodskap is dat jy jou houding kies, wees teeenwoordig, fokus op die persoon, vra mense uit, laat hulle die praatwerk doen, gee aandag aan die mense, moenie jou humorsin verloor nie, maak ‘n balans tussen werk en speel, hou dit lig.
Die tweede spreker was Doretha Kotze van die SDR. Sy is ‘n stads- en streeksbeplanner en het verduidelik waaraan alles gedink moet word in haar beroep. Bv. hoe om die grondgebruik te reguleer, en die ruimtelike beplanning wat dan ook die langtermynbeplanning is. Daar moet ook beplan word binne Provinsiale Wetgewing en riglyne. Stads- en streeksbeplanning gaan al hoe belangriker word as in ag geneem word dat daar tans 57 miljoen mense in RSA is en dat vooruitskatting reken dat daar teen 2050 75 miljoen mense sal wees! Dan kan ‘n mens verstaan watter groot uitdagings daar is.
Anel King (links) by Voorsitter, Anna Slabber
Anna Slabber by die skildery wat sy vir die takkompetisie gemaak het.
Leave A Comment