Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury VLV

Beriggewer:  Mia Louw

Datum: 1 Augustus 2018

 

 

 

Tannie Anna Lesch:

Gebore 12/10/1932, oorlede 06/06/2018, sy was 85.

Sy is al VLV lid vanaf 1955, dit is 63 jaar.

Sy was jare lank beoordelaar by ons tak en op Konferensie vlak.

Was altyd betrokke en het graag deelgeneem aan tak aktiwiteite en uitstappies.

Sy was ‘n jarelange ondersteuner van KANSA en kampvegter teen kanker, waarmee sy later self gediagnoseer is.

Sy was nog by ons Februarie 2018 VLV vergadering.

 

 

 

Tannie Anna het gesorg dat ons onthou om die teelepels altyd in dieselfde rigting te laat staan wanneer ons teekoppies uitpak.

As tannie Anna iets besluit het, sal jy haar nie maklik van stryk af kry nie.

Ek het haar twee weke voor haar dood nog by die ACVV basaar gesien en iemand vra my hoe sy nog staande is, en iemand anders antwoord – pure wilskrag.

Ons dink met mooi herinneringe aan haar.