Sirkel: Namakwaland
Tak: Calvinia
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Annica van Greunen
Datum: 7 Augustus 2018
Op die 7de Augustus was die Gesondheidportefeulje aan die beurt. Janus Coetzee het die dames kom spreek oor gesonde eet- en oefen gewoontes. Louise het ons bietjie meer vertel oor die gesondheids voordele wat Rooibostee en suurlemoene vir ons inhou.
Daar was ook ‘n pitabrood verduideliking en beoordeling tydens die aand en daarna het die dames heerlik gekoek en tee (met die gesondheidspraatjies opsy geskuif vir ‘n oomblik). Baie dankie aan die Gesondheidsportefeulje vir ‘n heerlike en interessante aand.
Janus Coetzee (dieetkundige) besig met praatjie oor ‘n gesonde, volhoubare leefstyl.
Louise Muller vertel die dames meer oor die gesondheidsvoordele van rooibostee en suurlemoene.
Irene Saayman besig om die dames te vertel van hoe ’n pitabroodjie moet lyk en gemaak moet word om perfek te wees.
Leave A Comment