Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 7 Augustus 2018

 

 

Vryburg VLV het gefokus op persoonlike veiligheid en Richard Knoetze van Kuruman het inligting  verskaf om misdaad te voorkom. Die Afrika Kriminele en Sosiale Kode Analiste (AKSKA) het reeds in die weermag navorsing begin doen onder leiding van Lukas Swart en bied kursusse aan om die kriptiese tekens van alternatiewe kommunikasie wat misdadigers gebruik te interpreteer. Hierdie tekens word verkies aangesien selfone onderskep kan word.

 

As gevolg van die hoë werkloosheidsyfer in ons land, vier misdaad hoogty. Indien die boodskap van hierdie tekens gelees kan word, kan dit tot eie voordeel gebruik word om huis- of plaasaanvalle te voorkom. Misdaadbendes stuur verkenners om navorsing te doen en rooftogte te beplan. Wees op die hoede vir vreemdelinge in die omgewing, sleutels wat wegraak, brande, honde wat vergiftig word of betroubare arbeiders wat skielik verdwyn. Verander gereeld roetines, veral as daar steurnisse voorkom. Neem foto’s van tekens en herhaal op ‘n later stadium.

Die boek ‘Oorwin plaasaanvalle’ deur Lukas Swart word aanbeveel.

 

Marietjie Steyn het demonstreer hoe ouarka deeg, soortgelyk aan fillodeeg, gemaak kan word. Hierdie gereg uit Marokko kan met verskillende vulsels bedien word.

 

 

Margo du Plessis en Richard Knoetze by Vryburg VLV se vergadering

 

Deeg word baie dun in pan geverf

 

Marietjie Steyn