Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 25 Julie 2018

 

 

Madelein Engelbrecht lewer ‘n belangrike praatjie oor hande- en naelversorging.

Jou naels se gesondheid hang af van jou omgewing, dieët, medikasie en jou gesondheid.  Voed jou hande met ‘n goeie room met SPF en gebruik vitamienaanvullings.  Wanneer jy klaar gebad het, druk jou “cuticles” met jou vingers terug. Masseer room in.

 

Gebruik handskoene vir tuinwerk en skottelgoed was, anders word die naelplaat uitgedroog.   Wanneer jy die handskoene uittrek, was jou hande en smeer room aan.

 

Hou jou eie naels kort. Vyl altyd in een rigting met ‘n sagte vyl. Geel fungus moet dadelik deur ‘n dokter behandel word;  groen fungus kan met Teatree Olie behandel word. As jou naels sag is, week hul in olyfolie.

 

Jannie Cloete van Oja het ons meer van soja kom vertel en die verskillende produkte van soja wat Oja vervaardig aan ons bekend gestel. Dit is onder andere cholestrolvry en werk cholestrol teen. Soja meel keer dat olie intrek, soos byvoorbeeld by doughnuts. Dit help met warmgloede en vergeetagtigheid

 

Riëtte Strydom het ons meer vertel oor oulike broodjies. Sy bemark haar eie broodmengsel teen R30. Jy kan ‘n langwerpige broodjie of muffins daarvan bak. Oulike idees vir vulsel is roomkaas, salm, tuna, komkommer, dill, pesto, avo, humus, hoender (dun stukkies), anchovie, tamatie, “micro herbs.”   Roomkaas kan met ‘n versierspuit op die broodjies gespuit word.

 

Jy kan soet muffins ook maak, met ‘n vy binne in.  Die geheim is om die vy ‘n “twist” te gee as jy dit in die deeg druk. Dan kan bloukaas opgesit word.

 

Vanessa Lampbrecht van Van’s Interiors en het regtig oulike goedjies uitgestal.  Sy verkoop ook geskenkbewyse.   Mariska Fourie is van Baby Roomz.  Vanessa hou hul katalogusse aan en verwys mense wat baba meubels soek na hulle.  Hulle doen baba “safe houses” oor met hul wins

 

Madeleine Engelbrecht

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jannie Cloete – Oja farms

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Riette Strydom

 

 

Kosse

 

 

Vanessa Lamprecht – Van’s Interiors