Sirkel:  Noord- Karoo

Tak:  Orania

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Alma Potgieter

Datum:  24 Mei 2018

 

 

Celeste van Niekerk het met ons ‘n paar interessante feite gedeel omtrent die Finse onderwysstelsel.

 

Hul stelsel is op die volgende kenmerke gebaseer:

Slegs een Nasionale Kurrikulim (Gr R-12) wat slegs uit 10 bladsye bestaan. Daar is geen privaatskole nie;  slegs staatskole.

 

Finland het die beste onderwys-stelsel in die wêreld en is no.1 op die onderwys-ranglys.

 

Geen inspeksies word gehou nie en onderwysers gebruik hul eie metodiek. Hulle gaan slegs 20 ure skool per week met ‘n maksimum van 15 leerlinge per klas.

Geen verpligte toetse en eksamens word afgelê nie en leerlinge kry geen huiswerk nie.  Slegs 5 periodes per dag met 4 pouses.    Ander aktiwiteite waaraan kinders deelneem is kuns, liggaamsoefeninge, sang, voordrag, uitstappies in die natuur en musiek. Volgens die onderwysers moet ‘n kind se brein tyd kry om te ontspan.

 

Kinders moet meer speel en die lewe geniet – sodoende word hulle gelukkige grootmense wat respek het vir ander.  Familietyd is baie belangrik.

 

“Ons moet liewer opvoed i.p.v onderrig” Leenert van Oostrum