Tak:  Victoria-Wes

Sirkel:  Noord-Karoo

Geleentheid:    Madibadag

Beriggewer: Elize Perrin

Datum: 18 Julie 2018

 

Madibadag is 18 Julie weer wêreldwyd gevier.  Die gedagte vir diè dag is blykbaar die breinkind van die sanger Bono wat die wens as deel van sy verjaardagwens aan Madiba met sy negentigste verjaardag uitgespreek het.

Die dag is nie net bedoel om Nelson Mandela te vereer nie, maar ook om uit te reik na ander om jou.  Dit is dan ook wat die plaaslike VLV tak gedoen het met hul besoek aan die plaaslike Dienssentrum.  Laasgenoemde se lede is meer vertel oor die ontstaan van die dag waarna speletjies gespeel is, onder andere om die brein bietjie los te maak.  Daarna het elke lid ‘n lekkerny-pakkie ontvang.

 

Die bejaardes het ook hul omgee gewys deur gebreide serpe, mussies en  bedsokkies aan projek Winterhoop te skenk.