Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Opvoeding

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 17 Julie 2018

 

Annemarie Liebenberg van die Alta du Toit-Nasorgsentrum in Bellville was die spreker by hierdie geleentheid.  Sy is ‘n vrywilliger wat by die bemarkingsafdeling diens doen.  Die instansie is hierdie jaar 40 jaar oud en die inwoners is almal intellektueel gestremd, o.a persone wat breinskade opgedoen het en diegene wat  Downsindroom het.  Daar is tans 220 volwassenes waarvan 160 inwoners van 3 koshuise is en die res is dagsorg-kliënte.

 

Die kliënte word in 3 groepe verdeel, nl.die wat hoogs-funksioneel is: hulle is selfversorgend en sommige werk bedags en die sentrum is slegs hulle tuiste;  die persone wat medium-funksioneel is: hulle doen nie veel op hul eie nie en het hulp nodig met bv. tandeborsel, ens. en moet gedurig dopgehou word.  Hulle werk in kleiner groepies en verrig eenvoudige take soos bv. die bak van koekies; en die lae-funksionele persone: hulle funksioneer soos ‘n crechè en teken baie.  Hulle skeppings word gedruk en as geskenkpapier verkoop.

 

Die sentrum beskik oor ‘n werkswinkel waar o.a. die goodie bags vir die Two Oceans en Comrades verpak word.

 

Hulle het ‘n groot behoefte aan mense se betrokkenheid – nie net finansieël nie.  Daar is sowat 70 inwoners wat gedurende die Kersvakansie op die perseel moet bly omdat niemand bereid is om hulle in te neem nie.

 

 

 Wilna Swart (sameroeper) en Annemarie Liebenberg (spreker).