Sirkel: Tygerberg
Tak: Aurora
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Marinda Mostert
Datum: 17 Julie 2018
Aurora Vlv tak besoek “Growing Paper”- The seed paper people, te Wyngaard Farm, Malmesbury. Almal wat saam was, het heerlik saam eetgoed en tee gedrink , toe saam met Nileta van Growing Paper rondgestap om al die verskillende prosesse van die maak van handgemaakte papier, wat verskillende soorte sade bevat, te besigtig.
Later het ons op dieselfde plaas, Mnr Lambert Vorster besoek ,wat sy eie museum begin het met al sy versamelings . Hy is ook in besit van verskeie klip werktuie wat uit die steen tydperk dateer en hy het ook vele meer vir ons gewys.
Dit was baie leersaam, en almal het dit vreeslik geniet.
Van Links: Suret Kennedy, Bessie Brand, Antoinette Muller en Rae Smit
‘n Klompie van die personeel van “Growing Paper” en tak lede
Taklede en Nileta regs agter.
Leave A Comment