Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje : Openbare Sake – Projek: Ruim op
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 1 Junie 2018
Twaalf entoesiastiese lede het na ‘n stuk besoedelde veld tussen Hooggelegen Aftree-oord en Langerug woonbuurt opgetrek om Projek: “Ruim Op” uit te voer. Elkeen was toegerus met handskoene, lang gryptange en swart- en herwinningssakke. Die oefening in die vars lug het almal geniet en die uiteinde was 10 swartsakke vol onherwinbare rommel en 12 wit sakke met herwinningsmateriaal wat by Hooggelegen se afval-depot afgelaai is.
Groep
Jennifer en Justine Heatlie
Nellie Crafford
Leave A Comment