Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Tema: Kunste En Handvlyt

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 19 Junie 2018

 

Vryburg VLV het uiting gegee aan hul verborge kunstalente tydens Nellie Hattingh se besoek.

 

Sy glo dat enige persoon se talente ontwikkel kan word en gebruik basiese toerusting wat in enige hardewarewinkel beskikbaar is. As basis gebruik sy harde bord wat met ‘n sponsroller geverf en dan geskuur word. Verf kan met ‘n spuitbottel aangewend en met waaierkwas geskakeer word.

 

Drie persone het die geleentheid gekry om hul vaardighede te oefen en verskillende blomme te verf. Vir landskappe word die tweederde beginsel gebruik. Die horisonlyn is baie belangrik en daar moet wegraakpunt wees. Hoe verder dinge is, hoe kleiner word dit. Alles moet egter in perspektief wees. Lyn, kleur en atmosfeer is belangrik.

 

 Rika Swart en Nellie Hattingh by Vryburg VLV se vergadering

 

Nellie Hatting, Jenita van Wyk, Margo du Plessis en Marietjie Steyn by die kunswerke wat hulle in ‘n japtrap geskep het.