Sirkel: Weskus

Tak:  Langebaan

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Cynthia Huyshamen

Datum:  5 September 2018

 

Voorsitter lees en vertel van ander takke se prestasies en dat Porterville met hul 26 nuwe lede, vir die 2de keer die prys vir takprestasie gekry het.  Daar word met lof gepraat oor dié 2018 Kongres wat in Goudini bygewoon is en Hilary was veral beïndruk met die borduurwerk.

 

Estelle du Plessis beaam dat die Kongres ‘n belewenis was en dat dit regtig ‘n fantastiese geleentheid vir almal is om by te woon.

 

Baie geluk aan Corlia Basson se 79% vir haar Woordkuns by Kongres.  Hilary bedank haar vir haar volgehoue deelname aan dié kompetisie.

 

Helmie Strumpher stel die gaste voor, wat ons meer gaan vertel van hul tipe mooimaak .

Olive Tree Interiors, Langebaan – Joan van Wyk (eienaar) en nuwe konsultant, Angelique

 

Joan van Wyk van Olive Tree Interiors

 

Mooimaak – Dekor – daar word gesels oor gordyne, gordynvoerings, blindings, kapstokke en alles wat met die mooimaak van ons vensters gepaard gaan.  Joan het ook verskillende artikels en voorbeelde saamgebring vir demonstrasie en het ook heelwat vrae beantwoord.  Vir volledige inligting oor hul dienste en dekoritems, gaan besoek hulle gerus by die straat aan die agterkant van Pep Stores.  ‘n Konsultasie by jou huis, kos R250/uur indien iemand sou belangstel.  Jorietha Hugo bedank die spreker en oorhandig ‘n geskenk.

 

 

 

 

 

 

Aletta Heydenrych en Charlotte van Eeden vertoon IKAT se klere.

Mooimaak – Klere – Aletta Heydenrych het pragtige kledingstukke en bykomstigdhede van Ikat, Langebaan, gebring en lekker meng en pas opsies voorgestel.  Charlotta van Eeden was ons pragtige model.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dames van Leefstyl 2

 

Na afloop van al die verrigtinge, verdaag die vergadering en ons geniet weer heerlike tee en eetgoed.

 


Uitstalling van Olive Tree

 

 

 

 

 

 

 

 

Cynthia kry blomme met Sekretaresse dag