Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Cynthia Huysamen

Datum:  1 Augustus 2018

 

Die gasvroue het papierkuns geskep deur gebruik te maak van ou tydskrifte, telefoonboeke en leesboeke en Hennah Greef het die verhoog verfraai met handgemaakte papierpoppe.

 

Charlotta van Eeden stel die spreker, Nileta Knoetzen en haar vennoot, Roxanne aan ons voor.  Nileta sê hul dryfkrag om ‘n sukses van hul besigheid te maak en ook om ander te bemagtig, het die deurslag gegee vir ‘n unieke produk.  Met hul personeel van 31, vervaardig “Growing Paper” plantbare, handgemaakte papier met sade in.  Hierdie plantbare papierblaaie is net een van die menige vorms wat die papier aanneem.  Hulle maak trou uitnodigings, boekmerke, kalenders, besigheidskaartjies, poskaarte en vele meer.  Die proses gebruik ongelukkig baie water, maar die afvalwater word vir ander aktiwiteite op die eiendom gebruik.  Slegs ink met ‘n waterbasis word gebruik en die items wat nie bio-afbreekbaar is nie, is herbruikbaar.  Hierdie besigheid is so 15km buite Malmesbury geleë endie publiek is welkom om dit te besoek, maar maak asseblief ‘n afspraak en gaan loer intussen op die internet vir meer besonderhede.

 

Oudergewoonte, het almal na afloop van die vergadering, heerlike tee en eetgoed geniet.

 


Charlotte van Eeden bedank Nileta Knoetzen

 


Alles Papier

 


Tafelversiering

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Papierblomme met blompot gemaak van papier

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Papierpop wat se lyf gevou is van ou boek blaaie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Papierrose

 

 

 

 

 

 

 

Model met papierrok

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Kunste en Handvlyt groep

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hennah Greef

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Growing paper werk met afval papier