Sirkel: Kimberley en Distrik
Tak: Warrenton
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Suria van der Merwe
Datum: 14 Julie 2018
Die Warrenton VLV-tak het op 14 Julie 2018 ‘n gemeenskapsprojek van stapel gestuur om die plaaslike begraafplaas netjies te maak en op te ruim. VLV-lede het met die hulp van hul tuinwerkers en plaaslike sakelui vroeg die oggend begin met snoeiwerk, rommel optel en –wegry.
Helpers is voorsien van koeldrank, water, sop en broodjies. Die eindproduk was merkwaardig! Almal was dit eens dat hierdie projek minstens tweejaarliks aangepak moet word.
Helpers en VLV-lede span saam vir Projek: Begraafplaas Opruim
Leave A Comment