Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 19 Junie 2018

 

 

Monique Strydom, wat saam met haar man vir vier maande deur die Filippynse weermag as gyselaars aangehou is, was die spreker.  Sy vertel o.a. dat hulle ‘n groot fout gemaak het deur hulle ontvoerders aanvanklik te vertrou.  Na twee maande het hulle besef dat ‘n gyselaar gereeld deur ‘n groot groep verkrag word.  Genadiglik is sy nooit verkrag nie.  Sy is aktief by Kinderbeskerming betrokke.

 

Daar bestaan ‘n wanpersepsie dat verkragting en mishandeling net in townships plaasvind, maar dit gebeur ORAL.  Die vyand probeer om vrouens se hoop weg te neem.  Een uit elke drie kinders in S.A. gaan onder hierdie misdade gebuk en dis ‘n bose kringloop.  Kinders word ge-“groom” en gedreig.  In 80% van alle gevalle is die oortreder aan die slagoffer bekend, hetsy ‘n nabye familielid soos die pa, broer, oom, oupa of selfs iemand in die buurt.

 

Sy waarsku teen oorslaap en die internet. Doen goeie navorsing voordat jy ‘n kind na ‘n spesifieke kleuterskool/dagsorgsentrum stuur.

 

Interpol het ‘n stelsel wat hierdie oortreders opspoor, maar in S.A. word hulle deur die RICA-wette (Regulation of Interception of Communication Act) beskerm.

 

Mariëtta du Plessis (Sameroeper) en Monique Strydom (spreker).

 

‘n Meesterstuk op die teetafel.