Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Alta Britz

Datum:14 Junie 2018

 

 

Marletha Shultze van Paw Patrol vertel wat hul organisasie vir die gemeenskap doen. Hul verbeter

die omstandighede en beplan vir die toekoms van troeteldiere in die gemeenskap. Hul doen dit

deur:

Sterilisasie en kastrasies van honde en katte uit armer woongebiede te befonds.

Veeartsbehandeling waar diere siek of beseer is, te voorsien;

Indien skenkings dit toelaat, word kos, waterbakke, komberse en bosluisbeheermiddels voorsien:

Die opvoeding van troeteldiereienaars – jonk en oud, deur praatjies by skole aan te bied.

 

Marletha Shultze, Gwen Engelbrecht, sameroeper van Openbare Sake en Hettie Stander, waarnemende Voorsitter

 

Candice Sinclair en Anel le Roux van die Westelike Provinsie Bloeddiens vertel wat hul vir die

gemeenskap doen:

Rooibloedselle word aan pasiënte wat anemies is, gegee;

Bloedplasma word aan pasiënte met bloeisiekte gegee;

Bloedplaatjies word aangewend om diegene met lae bloedplaatjie-tellings soos pasiënte met

leukemie, kanker, of diegene  wat wag op ‘n orgaanoorplanting, te onderskraag.

 

Candice Sinclair en Anel le Roux, Gwen Engelbrecht en dames van die VGK Vrouediens

 

 

Lede handig musse, handskoene en serpe in wat in die gemeenskap uitgedeel gaan word.

Brewelskloofhospitaal:  40 musse; De la Bat Skool vir Dowes se Kleuterskool: 27 serpe en  10 kopbande; Kubbutz se kleuterskool – 80 musse en Smart Start speelgroep – 25 musse en 12 serpe

 

 

 

 

 

 

Alta Britz demonstreer hoe om ‘n pragtige muurbehangsel van ‘n eenvoudige rubber deurmatjie te maak,  deur dit slegs  met kunsverf te verf.

 

 

 

 

Alta Britz

 

 

 

 

 

 

 

 

Sewentien dames van die VGK Oos Gemeente woon die vergadering by.

 

 

 

 

 

 

 

Hettie Stander oorhandig die  maand wisseltrofee aan Gerda van der Vyver