Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 13 Junie 2018

 

 

Tema: Die Women walk the World-stap en die bekendstelling van hoe die VLVK-projek, Ruim Op,  deur VLV Prieska aangepak gaan word.

 

Op 13 Junie 2018 het VLV Prieska en die gemeenskap deelgeneem aan Women walk the World, soos deur Jacobie Botha, Taksaamroeper van Opvoeding en Kultuur, georganiseer. Die VLVK-projek, Ruim Op, is daarmee gekombineer, bekend gemaak en sodoende ook geadverteer.

 

 

 

 

 

 

 

Die deelnemers/stappers het voor Hoërskool Prieska ontmoet. Jacobie Botha het verduidelik hoe herwinning (Ruim Op) in Prieska hanteer gaan word met die hulp van Theo Hanecke van Bo-Karoo Recycling. Sy moedig die deelnemers aan om hom te ondersteun deur die herwinning in Prieska met mening aan te pak. Sy bedank ook die SAP asook die Munisipaliteit van Prieska vir hul ondersteuning om die stappers veilig al langs die staproete te begelei en veral veilig oor die strate te help.

 

Theo Hanecke verduidelik o.a. dat daar met herwinning tuis onderskeid gemaak moet word tydens sortering tussen swart en gekleurde ink op papier; so ook tussen aluminium en staal items (houers, blikkies) en ook tussen verskillende plastiekitems.

 

 

 

 

 

 

 

 

Erika Lubbe, die vorige VLVK-president, het verduidelik wat die doel van Women walk the World is. Vroue regoor die wêreld loop/stap elke jaar ’n staproete soos deur elke plaaslike Tak van VLVK bepaal, om die plaaslike gemeenskappe bewus te maak van die Wêreld Bond van Plattelandse Vroue (WBPV). VLVK is geaffilieer met die Wêreld Bond van Plattelandse Vroue, ’n Organisasie wat bestaan uit bykans 10 miljoen vroue uit meer as 70 lande dwarsoor die wêreld.

 

By die Wêreldkonferensie, wat elke drie jaar plaasvind, het die Uitvoerende Bestuur van die WBPV dié bewusmakingsveldtog in 2012 van stapel gestuur toe die bykans 10 miljoen lede aangemoedig is om aan dié projek deel te neem.

 

Vroue regoor die wêreld het dieselfde behoeftes, begeertes, vrese, struikelblokke en vreugdes. Gevolglik neem die lidlande met ywer deel aan die WBPV-projekte waar hulle skole, klinieke en hospitale bou. Lede moes ook al geld insamel wat gebruik is om kos vir minderbevoorregtes te koop.

 

Die WBPV-projekte waaraan huidig aandag gegee word, is:

  • Food Sovereignty
  • Protecting the supply of water
  • Fructose
  • Sustainable Energy
  • Shale Gas

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pienk Women walk the World-hoedjies is uitgedeel en toe het die stappers van oud en jonk in alle erns weggespring om die 2,5 km kaf te draf (stap)………

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stappers ontmoet voor Hoërskool Prieska

 

 

Jacobie Botha, Taksaamroeper van Opvoeding en Kultuur, verduidelik hoe die VLVK-projek, Ruim Op, in Prieska aangepak gaan word.

 

 

Theo Hanecke, van Bo-Karoo Recycling, verduidelik hoe die items tuis sorteer moet word, en Jacobie Botha.