Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 12 Junie 2018

 

Mnr Bennie Stadtler van Lake Farm is die spreker by ons vergadering. Lake Farm is `n verblyfsentrum vir 90 verstandelike gestremde volwassenes waarvan die meeste Downs Sindroom is. Hulle ouderdomme wissel van 20 tot 77. Vyf-en-dertig van die inwoners benodig spesiale versorging. Dan is daar ook inwoners wat geen familie het nie.

 

Die 43 personeellede bestaan uit huisouers, werkswinkel instrukteurs, `n mediese suster, maatskaplike werker en onderhouds-, skoonmaak- en administratiewe mense. Die inwoners bly in sewe eenhede op die perseel.  In hulle beskermde omgewing kan hulle sport beoefen, dans, aanbid, sosialiseer en verskeie take verrig.  Die musiekgroep is baie gewild en tree   by verskeie geleenthede op. Ten spyte van hul gestremdheid, lewer die inwoners `n groot bydrae tot die onderhoud en instandhouding van die Sentrum.

 

Werkswinkels word daagliks van 9h00 tot 4h30 aangebied vir terapie maar ook om broodnodige inkomste te genereer. Dit sluit in:

  1. houtwerk, borduur, spin- en weefwerk
  2. Kuns, handvlyt en pottebakkers klasse bv. skilder, kralewerk, juweliersware en groetekaartjies
  3. Kweek van groente deur middel van hidrofoniese metode, oes en verwerk van produkte en
  4. Tuisnywerheid

 

` n Koffiewinkel word oor naweke bedryf waar die publiek van die artikels wat deur die inwoners gemaak is, asook vars produkte kan koop. Daar is ook `n boekwinkel en tweedehandse liefdadigheidswinkel op die perseel.

 

Groepe is welkom om die sentrum te besoek om die warmte en hartlikheid van die inwoners te ervaar.

 

By die vergadering ontvang Me Sharon Dove, `n vyrwillige werker by die Kankervereniging, artikels wat deur die taklede ingesamel is.  Hierdie artikels gaan as geskenkies aan kankeroorlewendes uitgedeel word. Dit was die projek van ons tak.

 

Inwoners van Lake Farm besig met voorbereiding van groente en vrugte.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mnr Bennie Stadler, Prinsipaal van Lake Farm, en Ria van Zyl, saamroeper van Opvoeding en Kultuur

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Margaret van der Mescht oorhandig ingesamelde artikels aan Sharon Dove.