Sirkel: Weskus

Tak:  Moorreesburg

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Martelize Britz

Datum:  6 Junie 2018

 

 

Die tak is heerlik onthaal in die Moorreesburger, ‘n nuwe eet –  en  kuier-  en opvoedingsplek in die dorp.

 

Hubert Fourie, die bierbrouer van die Moorreesburger het verduidelik hoe bier gemaak word. Bier is suiker en gis wat etanol tot gevolg het.  Ontkiemde gars word gebreek, water word bygesit en dan gekook.  Terwyl die kookproses aan die gang is, word hops blommetjies bygesit.  Hierdie blommetjies is ‘n preserveermiddel en gee ook die bitter smaak aan bier. Die Moorreesburger maak 3 biere, die lager, die weis en die ale. Die lede het baie vrae gevra. Die bierbrouery kan besoek word.

 

Die tweede spreker was  ene Tristan van die bakkery.  Hy het vertel van die kursus van 2 maande wat deur SETA gesertifiseer word, wat die studente toegang gee tot die hotel industrie. By die kursus leer die student al die basiese dinge van die kombuis en kosmaak. Weens higiëniese redes, kan die bakkery nie besoek word nie.

 

Marcelle Smith, verantwoordelik vir en gasvrou van die restaurant, het genoem dat die Moorreesburger graag brouersassistente wil aanstel. Sy het ook die lede genooi om almal te kom inloer by die restaurant.  Hulle is elke dag oop vir tee, middagete en van Woensdag tot Vrydagaande selfs in die aand oop. Die kos en koek word deur die studente voorberei en is baie billik.

 

Die dorp het waarlik gebaat by die Mooreesburger se opening.  Hul opvoedings inisiatiewe is baie goed en bied ‘n toekoms aan die jeug van die dorp.

 

By hierdie geleentheid het die tak ook afskeid geneem van Denise Bester, vir baie jare die voorsitter van die tak.  Sy word vervang met Anna Slabber.

 

 

Denise Bester en Anna Slabber

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tristan van die bakery

 

 

 

 

 

Hubert Fourie