Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Britstown

Beriggewer:  Sunel van Rensburg

Portefeulje:   Openbare Sake

Datum:  6 Junie 2018

 

 

Britstown lede het die buurdorp Vosburg gaan besoek.  Ons eerste stop was by Erika’s Karoo-Winkel.  Frans De Klerk, ‘n tegniese ontleder, vertel aan die dames alles wat hulle wil weet van aandele en hoe om dit te bestuur.  Finansiële beplanning is belangrik.  Alles dui daarop dat die rand al hoe meer gaan verswak en markte groei ook nie meer nie, en goeie aandele kan ook val. Kennis oor die markte word gedeel en wenke word gegee oor hoe om jou eie finansies te bestuur.  Elke vrou moet in besit van haar eie rekening wees.  Karoo eiendom word ondersoek en die kwessie van grondonteiening word verduidelik.  ‘n Groot les is dat geld(gierigheid) nie jou denke moet oorheers nie.

 

Indien jy daaraan dink om af te skaal, moes jy al op ouderdom 50 geweet het waarheen jy wil gaan en die skuif al beplan het.

 

Ons gesels oor aftrede.  Volgens Frans bestaan daar nie so iets soos aftrede nie, kry dit uit jou kop!

 

Aanpassing is moeilik.

 

 

Erika’s Karoo-Winkel in Vosburg

 

Frans en Erika de Klerk.