Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Britstown

Beriggewer:  Sunel van Rensburg

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Datum:  6 Junie 2018

 

 

Besoek is gedoen aan ons buurdorp Vosburg.  Vosburg is ‘n dorp in die Noord-Kaap in Suid-Afrika. Vosburg was eers ‘n plaas genaamd Processfontein, maar die dorp is gestig in 1895 en genoem na ene J. Vos en die Van Rensburg-familie.

 

Mnr. Jan Vos vertel ons die geskiedenis van die kerk en neem ons ook op ‘n toer deur die kerk.  Die kerk is in 1911 ingewy.  Daar is net 11 maande aan dit gebou.  Dit is ‘n gotiese boustyl.  Die preekstoel is in die vorm van ‘n skip en die leraar staan bo in die middel. (Stuurman van die gemeente).  Vosburg se NG kerk word beskou as een van die mooiste kerke in die platteland.  In 1978 is hierdie kerk as ‘n nasionale monument verklaar.  Die pastorie is reeds in 1898 al gebou, 14 Jaar voor die inwyding van die kerk.

 

Die orrel is in 1910 in Engeland gebou deur  EH Lawton.  Die orrel is nog net so in sy oorspronklike toestand en word steeds Sondae in die diens gebruik.

 

Die leuse van hierdie besonderse dorp is:  As daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

 

Vosburg se kerk

 

 

 

 

Sertifikaat van die orrel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die orrel

 

 

 

 

 

 

Die preekstoel