Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Victoria-Wes
Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 24 Mei 2018

 

Victoria-Wes spog met die Apollo teater wat uit die art deco tydperk dateer. Die Apollo het ongelukkig vir  ‘n paar jaar nie na wense gefunksioneer nie, maar toon die afgelope twee jaar weer ‘n  herlewing. Vrywilligers uit die gemeenskap is betrokke by die programme wat aangebied word, asook die bemarking en fondsinsameling. Die VLV ondersteun die voortbestaan van die Apollo ten volle en het op 24 Mei ‘n donasie aan die voorsitter van die Apollo direksie, me. Contessa Kruger, oorhandig.