Sirkel:  Weskus
Tak: Leipoldtville
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Elsabe Carstens.

Datum: 23 Mei 2018

 

 

Op 23 Mei 2018 het Mev. Estelle du Plessis Leipoldtville Tak besoek.  Ons spreker vir die dag was Mev. Elfrieda Auret, VLV lid en Saamroeper van Kunste & Handvlyt, Stellenberg VLV Tak, asook Sirkel Tygerberg Saamroeper
van Kunste & Handvlyt.

 

Die onderwerp van bespreking was Bipolêre steuring.  Dit was ’n persoonlike lewensverhaal en getuienis van ‘n gesin, die mamma en twee dogters wat daarmee saamleef. Die lede het met die praatjie besef wat Bipolêre steuring
regtig is en dit was ongelooflik dat Elfrieda bereid is om oor die onderwerp te praat en so ook ander te help wat dalk met dieselfde probleem sit, maar te bang is om dit bekend te maak of selfs te erken.  Sy het die tekens en al die feite met ons as lede gedeel.  Ons bid vir haar en haar kinders net seëninge toe op die pad vorentoe.

 


Op die foto van links na regs, staan Elfrieda Auret, Spreker, Mev. Estelle
du Plessis, Sirkelpresident en die Voorsitter, Elsabe Carstens.