Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 22 Mei 2018

 

 

Vryburg VLV het ‘n insiggewende vergadering gehou rondom Downsindroom, ‘n genetiese toestand veroorsaak deur ‘n ekstra chromosoom. Daar kom drie soorte voor, nl. trisomie 21, mosaïek en translokasie, lg. is ook oorerflik. Dit is vernoem na Dr John Down, die geneesheer wat die kenmerke die eerste keer in 1866 beskryf het. In Suid-Afrika kom Downsindroom voor by ongeveer 1 uit elke 500 lewende geboortes.

 

Fisiese kenmerke is ogies wat opwaarts neig, voutjie aan binnekant van ogies, kleiner neus en mond, ore laag teen die kop, tong wat kan uithang, kort vingers en breë hande en ‘n lae spiertonus.  In die verlede het kinders ‘n kort lewensverwagting gehad veral a.g.v. aangebore hartkwale maar tans is die lewensverwagting veel hoër.

 

Carla Cronje het vertel van hul gesin se wedervaringe met die geboorte van hul seuntjie. Met behoorlike ondersteuning kan die vermoëns van babas met Downsindroom tot hul maksimum potensiaal ontwikkel sodat hulle produktiewe lewens kan lei. Vroeë stimulasie is noodsaaklik, veral omdat mylpale eers later bereik word.

 

Carina Botma het hul gesin se ondervindings van bykans 50 jaar met Downsindroom gedeel.

 

Carla Cronje, Soekie le Roux en Carina Botma by Vryburg VLV se vergadering