Sirkel: Noord- Karoo
Tak: Victoria-wes
Sudierigting: Leefstyl
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 19 Mei 2018
Tydens die Leefstylvergadering het me. Willinie Sinclair verskillende olies vergelyk. Dit is aan die hand van ‘n tydskrifartikel gedoen. Sonneblom-, olyf-, kanola-, klapper-, avo en druiwepitolie is bespreek. Daar is gekyk na elkeen se rookpunt, mono-onversadigde en poli-onversadigde vet, asook na die hoeveelheid versadigde vette. Uit die artikel blyk dit dat klapperolie nie so gesond is as wat sommige wil glo nie.
Die dames het ook resepte uitgeruil en twee kookboeke, Kontrei Plus en Keurgeregte oor die Wêreld, bespreek.
Deel van Leefstylvergadering se teetafel
Leave A Comment