Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 17 Mei 2018

 

Levina Bowman is ‘n mode-ontwerper, en  bedryf ‘n besigheid genaamd Craft Legacy. Aangesien daar nie meer naaldwerk op skoolvlak aangebied word nie, is dit haar passie om vir kinders naaldwerk te leer, dit sluit masjienwerk, brei en hekel in. Van laerskoolvlak besoek sy kinders na skool en leer hulle so masjienwerk doen. Dit help ook om hulle konsentrasie te verbeter. Sy maak veral speelgoed en ‘fancy’ klere –  veral as kinders vir partytjies snaaks moet aantrek. Jong kinders van so oud as 5 jaar kan by haar masjienwerk leer doen. Dit is haar passie om ‘n ‘legacy’ na te laat om te bewys dat naaldwerk nog baie relevant is. Sy gee ook klas aan groot mense, en nogal ouer mense ook, wat baie baat vind daarby en dit veral baie terapeuties vind.

 

Levina Bowman besig met haar aanbieding

 

Levina saam met Ester de Bruyn

 

 Levina by van die artikels wat sy uigestal het.

 

Nicolette van der Walt by die teetafel. By gebrek aan water is van groente gebruik gemaak vir die tafelversiering