Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van Gebeurlikheid: 16 Mei 2018

 

 

Lindie Stander: Tweede kans.

Die spreker is Lindie Stander, voormalige Kwêla veldaanbieder en suster Elize van Binnelanders, wat ons op pittige wyse deur haar lewe neem.

 

Sy sê Oom Johannes se “Yesterday is dead;  Tomorrow is unborn;  Today is now,” was vir haar baie treffend.

 

Sy lees vir ons ‘n kort stukkie voor uit Kahlil Gibran wat ook sê “Live in the moment!”

 

Sy het verskeie kere probeer selfmoord pleeg, het verkeerde keuses gemaak en was aan dwelms verslaaf in ‘n poging om haarself te vind.   Haar Pa het selfmoord gepleeg toe sy 5 jaar oud was en haar Ma het vandat sy kan onthou gemoedsteurnisse gehad.

 

Sy is op 37 wedergebore en sê Jesus is haar voorbeeld en inspirasie.   Sy het agter gekom dat sy in dwelms, drank, verhoudings wat nie vir haar goed is nie, haarself gesoek het, in plaas van in Jesus se arms.

 

Sy sê sy was een van Sy verlore skapies.   Sy het die Camino gestap, 2 maal, maar die 2de maal was om die regte redes.   Sy vergelyk ons lewens met ‘n Camino – Die Weg.  Dis jou keuse of jy stap, ‘n bus haal of langs die pad sit en jouself jammer kry.   “Live in the moment.” Dis die klein goedjies wat die groter prentjie maak, maar jy kan nie stil staan nie.

 

 

Die eenvoudige dinge is vandag vir haar lekker, soos ‘n gebakte eier op ‘n broodjie, in plaas van duur kosse en Chardonnay.

Sy sê kyk na jouself, wees goed vir jouself, vergewe jouself.  Sy het vandag ‘n klippie gekry waarop seën geskryf staan..

Dis ‘n teken van haar 2de kans, sy is “blessed.”  Toe sy uit die rehabilitasie sentrum ontslaan is, het die dame daar ook vir haar ‘n wit klippie gegee en ‘n vers uit Openbaring, wat losweg beteken:  Aan al God se kinders sal ‘n wit klippie gegee word met ‘n naam op wat net God en sy/hy van weet.

 

Ten spyte van alles, het sy met haar stiefpa se hulp haar Meestersgraad in Drama behaal.  Sy het ‘n dramaskool in Langebaan.

 

Haar leuse is Psalm 46 vers 4:  “Wees stil en weet Ek is God.”

 

Tafelversierings

 

Oom Johannes het ‘n gedig voorgelees

 

Lindie Stander,  Spreker, regs

 

Uitstalling oor kunste