Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 16 Mei 2018

 

 

Vir Aberdeen VLV se Mei vergadering is die Gesondheid-portefeulje aan die beurt.  Met Winter op hande het Sameroeper Heidi Lombard wyslik besluit om op gesonde leefwyse te fokus.  Lea van der Vyver open met die lees van Psalm 4.  Met God se hulp is dit moontlik om selfs midde in moeilike tye vreugde in ons harte te hê.

 

Heidi Lombard verwelkom die Herbalife span, naamlik Leonie Mulder van Jansenville met haar helpers Charmaine Fourie en Ria Krause.  Mulder vertel meer oor Herbalife se produkte en leefwyse.  Dit is natuurlike produkte wat vir gewigsverlies, ‘n gesonde leefstyl, sowel as vir ‘n strawwe oefenprogram gebruik kan word.  Sy maak van die “shakes” wat as aanvuller of maalvervanger gebruik kan word en elkeen kry ‘n glasie om te proe.  Dan was daar die uitlê van al die relevante gesondheidsstatistieke…almal moes vooraf kaalvoet op die skaal klim wat álles meet – van gewig tot water % en beenmassa!  Daar is omtrent gelag, gemor en vrae gevra.

 

Na ‘n gesonde hoenderslaaitjie wat stylvol in ‘n fles bedien is, stel Lombard vir Judith Dardis aan die woord.  Sy vertel hoe sy by massering, refleksologie en reiki betrokke geraak het.  Vandag bedryf sy ‘n salon vanuit haar huis in Aberdeen.  Dardis verduidelik die kuns van refleksologie en wat elke drukpunt op die voet is -die hele liggaam word basies in die voete verteenwoordig.  Sy demonstreer refleksologie op Stephnie van Zyl, wat dit terdeë geniet.

 

Gelukkige trekkings van die dag word gewen deur Charmaine Fourie, Elise Steynberg en Estelle van Wyk.  Voorsitter Lea van der Vyver word gelukgewens met haar verjaarsdag en Heidi Lombard oorhandig namens die Tak ‘n kunswerk van Marguerite Beneke aan haar.

 

Die heerlike oggend word afgesluit met Elna van Niekerk wat die maak van ‘n materiaalblom demonstreer.  Daar was ook ‘n insameling van klere en huishoudelike benodighede wat aan Greenbushes plakkerskamp in Port Elizabeth geskenk word.

 

Agter vlnr   Annalie Lategan, Judith Dardis, Elise Steynberg, Stephnie van Zyl, Estelle van Wyk, Suzanne Lategan, Elna van Niekerk, Jean Watermeyer, Cornelia Cronjé, Carina Esterhuizen en Leonie Mulder

Voor vlnr    Lea van der Vyver met die kunswerk en Heidi Lombard met van die sakke klere wat ingesamel is

 

 

Leonie Mulder demostreer die “shakes”

 

 

Judith Dardis demonstreer refleksologie op Stephnie van Zyl se voete.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Heerlike hoenderslaai keurig in flessies voorgesit deur                        Elna van Niekerk demonstreer die maak van

Heidi Lombard, Elna van Niekerk en Suzanne Lategan.                       ‘n materiaalblom terwyl Suzanne Lategan toekyk.