Sirkel: Tygerberg
Tak: Bottelary-Koelenhof
Beriggewer: Franci Albertyn
Portefeulje: Landbou
Datum: 15 Mei 2018
Bottelary-Koelenhof besoek Growing Paper op 15 Mei 2018.
Wat ‘n heerlike en leersame uitstappie was dit. Growing Paper is geleë aan die voet van die Paardeberg op die plaas Wyngaardt.
Hulle samel gebruikte papier van skole en besighede in, en verpulp dit.
Daarna gooi hulle saadjies van blomme en kruie in die pulp en maak papiervelle.
Sodra dit droog is druk hulle ‘n ontwerp op dit en maak kaartjies, boekmerke ens.
Dis pragtig en kan weer goed gebruik word. Druk die kaartjies in die grond en die saadjies ontkiem.
VLV Bottelary-Koelenhof lede
Artikels van Growing Paper
Kaartjies van Growing Paper
Leave A Comment