Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 15 Mei 2018

 

Shamsonisa (meisie van die son), of liewer net Niesie Sonday, het die lede meer omtrent die Kaaps-Maleise kookkuns kom vertel.  Sy vertel dat Jan van Riebeeck destyds mense nodig gehad het om die voorrade hier in die Kaap te ontvang en het gereken dat die Maleiers betroubaar was en sodoende hierdie taak aan hulle opgelê.  Hulle het oorspronklik van Indonisië, Madagaskar, Maleisië, Indië en Wes-Afrika hierheen gekom.  Daar is nie ‘n verskil tussen die Indiërs in S.A. en Kaapse Moslems nie.

 

Disse waarvoor hulle lief is, is o.a. bobotie, wat hulle by die Boere geleer maak het, enige bredie, kerrie en brejani, piekelvis, smoorsnoek en enige boerekos met ‘n “twist” – dokter dit met hulle speserye.  Dit is ‘n familiestradisie by hulle om soms ‘n “leweraand” te hê.

 

Hulle breek hulle “Fast” (Pwasa) gewoonlik met ‘n glas water en dadels.

 

Sy wys die lede hoe om ‘n samoesa te vou en te maak en vertel ook van die heerlike vulsels wat sy gebruik.  Sy deel ook haar koeksisterresep met ons.

 

Shamsonisa Sonday (spreker) en Alet Colyn (sameroeper).