Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Beriggewer: Annalie Roux
12 Mei 2018
DAMESTEE MET HANNES VAN WYK VAN KWELA
Dit was ‘n uithang geleentheid vir gemeenskapsbetrokkenheid. Die naweek van Moedersdag, was ‘n ideale geleentheid om die vrouens te bederf . Hannes van Wyk het as spreker die gehoor laat lag met sy pittigheid , maar terselfdertyd ook ‘n traan laat wegpink wanneer hy oor sy Ma gepraat het en almal laat besef hoe spesiaal moeders is.
Sharon MacDonald het met idees gekom om met afvalmateriaal n spoggeleentheid aan te bied. Die kleurskema was swart, pienk en wit. Takke uit die lande op die plaas is swart geverf, ou gloeilampe , leë wynbottels en afval stukkies glas is bebruik.
Bobotie , geelrys en slaai is bedien en dan natuurlik ook die gewilde broodtafel.
Gaste is bederf met geskenkies wat die suksesvolle oggend afgeluit het.
Geskenkies op die tafel
Gaste uitgevat vir die geleentheid
Anlouise O’Connel het n spreekbeurt
Gaste geniet die oggend
Hannes van Wyk besig met sy praatjie oor vrouwees
Broodtafel
Hannes van Wyk teken boeke
Leave A Comment