Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 8 Mei 2018

 

 

 

 

 

 

 

 

Met die onderwerp, Die impak van die droogte op die ekonomie van die Wes-Kaap en die eiendomklousule 25 in SA se Grondwet, was die lede ene ore toe mnr Carl Opperman, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri Wes-Kaap, hulle toegespreek het.

 

 

Alice Swanepoel, voorsitter, Carl Opperman en Frouwien du Toit, saamroeper

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die mense buite die landboubedryf besef nie dat as ons nie landbou het nie, is ons niks  nie. Landbou is die mees edelste beroep. Al die plaaswerkers word gesalueer, want niks kan gebeur sonder hulle nie. Die onteiening van grond kom die naaste aan die landboubedryf. Dit sal bygevoeg word by die grondwet om dit meer ekonomies haalbaar te maak, as mnr Ceril Ramaphosa aan bewind bly.

 

Die huidige regering is gekaap deur korruptes. Om staatskaping skoon te maak, is ’n lang proses. Daar is nie ’n register van al die grondeiendomme van die staat nie.

 

Van die lede by die vergadering: Bokka Wagenaar, Thea Basson, Albie Greeff, Elmarie van der Merwe en Jackie Genis

 

As dit by die berekening van vergoeding kom, is daar baie vrae. Wat vergoed jy? Gee jy die grond verniet en betaal alles wat bo-op is? Die “wat” is nog nie uitgeklaar nie. Baie dinge kan verander, maar wat sit jy in die plek? Daar is so baie emosie betrokke. Party sien dit net as ’n geldmaaksituasie. Baie stakings is tans agv die minimum loon.

 

Daar is baie groepe wat agter die skerms werk en daarom bly hy positief. Die wens is daar om dit ’n wen-wen situasie te skep. Die waardigheid van alle mense moet behou word. Swart boere kán boer. Die vraag is steeds – Waar pas grondbelasting in by grondonteiening? Daar is ’n gedugde span wat op die oomblik aan die saak werk, maar dit kos baie geld.

 

Grond is nie die probleem nie, maar water is die probleem! So is die grondonteiening ’n baie goeie manier om ons aandag van water af te kry. Die volgende 5 punte word inberekening geneem by besluite oor water:

 

*Die popullasie neem af.

*Stygende middelklas veroorsaak groter gebruik. Die leefwyse verander, huise het groot groen grasperke, gholfbane, swembaddens, gebruik meer krag.

*Klimaatsveranderinge ly tot meer verdamping. Verhoogde temperatuur en dus meer besproeiing. Reënvalle verskil, daar’s meer besoedeling, meer kunsmis moet gegee word. Ons kan net soveel ondergrondse water gebruik, dan moet dit weer gelaai word met reën.

*Munisipaliteite. Nêrens sedert die vroeë 80’s is damme gebou nie behalwe Bergrivierdam; sy wal moes hoër gewees het, maar stad Kaapstad wou nie. Die gesloer met Clanwilliamdam is staatskaping en dit veroorsaak dat die Weskus baie swaar kry. Baie wingerde in Vredendal is dood. Met die belofte van Dag Zero, is die waterdruk laer gemaak en dit veroorsaak dat vure nie geblus kan word nie; brandweer sukkel dus ook. Tafelberg se wateraar moet bv met sorg oopgemaak word, want dit strek tot by Oudtshoorn en die effek kan vêr wees.

*Die gesondheidsrisiko is ook hoër. Fisioterapeute kondig nou ook aan dat mense hulle besoek met beserings van emmers dra met gryswater!

 

Al kry die Wes-Kaap goeie reën, gaan ons nie uit die situasie kom nie en sit ons nou met ’n nuwe normaal. Werk-verliese volg. Besoek elsenburg.com vir ’n baie goeie studie van 2014 – 2016. Die vlakke van droog is: droog, baie droog, kritiek droog, uiters kritiek. Veeboerdery kry baie swaar; 90% van die vee-areas val in die uiters kritiek, want die huidige veldtoestand is uiters swak. In die winter kry die Wes-Kaap 75% van sy waterneerslag, maar gebruik net 10% en in die somer kry die Wes-Kaap 25% van sy waterneerslag, maar gebruik 90% en daarom moet ons water opberg.

 

Sjoe, as ons nog bekommerd was oor grondonteiening, dan het mnr Opperman nou ons oë oopgemaak tov die watertekort. Landbou is in ’n krises wat dit betref en water is die toegang tot kos en dit is die toegang tot vrede.

 

Hy wens die VLV (en ACVV) geluk met die vertroue wat daar in die twee verenigings is, want dit vorm ’n struktuur om geld in die hande te kry. So laat hy ons huis toe gaan met baie om oor na te dink.

 

Madelein Burger ontvang die sopbydraes vir Aandblomdienssentrum by Alice Swanepoel