Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Louwna Hoving,

Datum:  3 Mei 2018

 

   

‘n NUWE BEGIN / HERSTELLENDE GEREGTIGHEID

Mariska Pietersen, ‘n boorling en oudleerder van Porterville, met vele grade en ook ‘n radio-omroeper, was deur haar  vader, ‘n polisieman, geïnspireer om geregtigheid te laat geskied.  Sy fokus veral op herstellende geregtigheid en werk nóú saam met gevangenisse en hul families.  Almal ervaar pyn en “pyn veroorsaak pyn”, verwysende na hoe moeilik dit vir ‘n gevangene is om, na jare se tronkstraf, by die samelewing aan te pas.

 

Haar boodskap is “wie is ek nadat ek gestroop is van alles?”  Die mens is ‘n emosionele wese en moet homself afvra waar hy homself verloor het. Hy moet ‘n pad loop om homself weer te vind en te bereik wat God wil hê hy moet bereik.  Ons is geneig om ander te veroordeel, te vernietig in plaas van om te dien.  Glo in die wet van aantrekking en dit moet elkeen se doel wees om net positiewe dinge aan te trek.  Dit is nie maklik as jy eers verstrengel is in die verkeerde nie.  Gemeenskappe deur die wêreld is gebroke.  Gebruik tyd om weer te herlaai.  Doen die regte ding altyd, selfs as niemand kyk nie.

 

 

 

 

 

 

Die mens is gebind deur een Bybel en een God.  Mense wat jou afbreek lei tot ‘n lae selfbeeld.  Rehabilitasie is ‘n persoonlike besluit soos godsdiens of geloof.  Die besluit bly joune.  Ondersteuning van familie en vriende is belangrik, want die stigma bly kleef aan die gevangene, selfs ná vrylating.  Dit is belangrik om verby die konfrontasie wat tot die oortreding gelei het te kyk en groot te droom.  Herstellende geregtigheid verrys deur eerlikheid, vergifnis, opregtheid en selferkenning.

 

 

Mariska Pietersen, spreker van Voorberg Korrektiewe Dienste

 

 

 

 

 

 

Voorberg Korrektiewe Dienste bied die volgende vaardigheidsprogramme aan om te help met die rehabilitasieproses:  studieprogramme (dis ‘n vereiste om hieraan deel te neem alvorens deelname aan sport of musiek toegelaat word), bespeel van musiekinstrumente, koorsang, landbouwerk, rekenaarlesse, loodgietery, sketswerk (skilder).  Verskillende projekte soos redenaarskompetisies en Eisteddfod word aangebied.  Hulp van buite met hierdie aktiwiteite word benodig en sal opreg waardeer word.

 

Die Offenders-orkes en koor tree op wat getuig van die sukses wat behaal word met die program.  Een lid van die koor sing ook ‘n lied wat hy self gekomponeer het wat handel oor sy bekering.

 

 

Vier nuwe lede: Suzette Plantema,  Adriana de Wit, Louwna Hoving (waarnemende  Voorsitter vir vergadering), Nicolette du Toit en Cornel Laubscher.