Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 3 Mei 2018
Werner Scheepers is een van die uniekste porselein restoureerders in die Wes Kaap. Hy restoureer unieke stukke wat soms duisende rande werd is. Strauss & Company, een van die land se beste kunsafslaers, het hom genader om ‘n vaas te restoureer. Soos met alles, het hy sy hart daarin gesit. Na die tyd het hy eers uitgevind die stuk is gemaak deur Hans Cooper, die bekende pottebakker. Dit het op ‘n veiling vir R540 000 verkoop! Volgens hom is elke stuk uniek omdat dit soos ‘n legkaart is as hy dit ontvang. Dit kos meet en pas om elke stukkie op sy plek te kry. Om die presiese kleur te meng, neem partykeer dae. Dit is egter die mense en hul stories wat maak dat hy sy werk so geniet.
Gerda van der Vyver en Werner Scheepers
Gerda v.d. Vyver demonstreer hoe om delikate roomyshorinkies vir ‘n somernagereg te maak. Die slapdeeg word soos pannekoekies gebak en dadelik om ‘n karton kegel gevorm.
Gerda v.d. Vyver demonstreer die roomyshorinkies Sy demonstreer die verskillende gebruike van serpe
Sy demonstreer ook hoe om serpe op verskillende maniere te gebruik. Van ‘n Serp wat byvoorbeeld te breed was, het sy ‘n oulike baadjie gemaak.
As deel van die tema “Ruim Op”, wys Helene de Wet hoe om mooi en nuttige geskenkhouers van melkdosies te maak. Omdat melkdosies binne uitgevoer is, kan selfs blomme as ‘n geskenkie daarin gegee word. Christine Werth demonstreer hoe om glas flesse te verf en te versier.
Helene de Wet demonstreer die maak van geskenksakkies
Christine Werth – flesse
Helene de Wet verduidelik hoe om hangers met materiaal oor te trek.
Marion Ward ontvang die maand wisseltrofee van Susan du Plessis, voorsitter van die tak
Leave A Comment