Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Openbare Sake

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 19 April 2018

 

Nieuwoudtville VLV se Openbare Sake portefeulje het op 19 April 2018 Oorlogskloof Natuurreservaat besoek.

 

 

 

 

Linda Meyer bedank almal vir hul teenwoordigheid en verduidelik watter stapskoene, rugsak en ander noodsaaklikhede wat benodig word vir ‘n veilige staptog.

 

Mandy het meer vertel van die reservaat asook natuurbewaring in die algemeen. Daar is ook meer inligting gegee oor die afstand, lengte en akkomodasie wat beskikbaar is. Niemand mag die reservaat besoek sonder ‘n permit nie.

 

 

 

 

 

 

 

Dit was baie opwindend om met 4×4 voertuie die reservaat te besoek en meer te leer van die omgewing sodat lede ook toeriste meer daarvan kan vertel.

 

 

 

 

 

 

 

Daar is heerlike sap en broodjies geniet by Brakwater in Oorlogskloof.

 

Die vorige dag het lede deelgeneem aan die volgende tak-kompetisies: ‘n foto van my gemeenskap in swart en wit, vrugte mandjie, sjokolade-koek, piekel uie asook ‘n fotoraam gemaak uit herwinde materiaal.

 

 

 

Mandy Schumann by Oorlogskloof

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Linda Meyer

 

 

 

 

 

 

 

 

Prentjie mooi by Oorlogskloof

 

 

Personeel van Oorlogskloof

 

 

Drie bergkwaggas by die Natuurreservaat

 

 

Huisvesting by Oorlogskloof