Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 18  April  2018

 

 

Die program is gereël deur Lenie Fourie, wat dit slegs waargeneem het, nadat Saamroeper Memory Bradfield onlangs oorlede is. Die oggend is afgeskop met ‘n Verfprojek waar sommige lede 3 borde geverf, gedecoupage en met stensils en harte versier het.

 

Huisgenoot se reseptydskrifte is bekendgestel en Anna van Niekerk het ‘n demonstrasie gegee oor hoe om gebreide blokke te blok, sodat hulle nie skeeftrek nie. Die vierkantige plank kan op verskillende groottes gestel word en die breiwerk word met “pop rivets” op die plank vasgesit. Die breiwerk word ‘n bietjie natgespuit, en ‘n rukkie so gelos.

 

Anna het ook interessante feite oor Koffie gegee. Koffie is oorspronklik in Ethiopië verbou. Die land wat die meeste koffie drink, is Finland – 9.6 kg per persoon per jaar!  Lenie Fourie het ‘n demonstrasie van Weefwerk gegee, deur die raam, kam, skering en inslag te verduidelik.

 

All members were asked to bring a Kitchen hint and share it with the meeting. Make-up can keep for a relative long time: Face powder and Blusher 2 years; Eye make-up and Eyeliner 1 year; Concealer 8 months; Lipstick and Liquid foundation 6 months; and Mascara only 4 months.  A pasta made from Sunlight soap can be used as a face mask, and for many emergencies, e.g. boils, burns, spider bites, etc.

 

‘n Donker poeding benodig gewoonlik appelkooskonfyt, maar perske blatjang kan ook gebruik word. Asyn of sout in water waarin eiers gekook word, keer dat die eier se inhoud uitkook as dit bars. Gooi ‘n halwe lepel asyn in kookolie waarin Schnitzels gebak word, om te keer dat die deeg vasbrand of afval. ‘n Ekstra eier in ‘n koekmengsel, voorkom dat die gebak plat val, en laat dit ook beter rys. As te veel sout in ‘n gereg gegooi is, gooi ‘n bietjie suurlemoensap by om die sout te neutraliseer. Om 1 aartappel in die mikrogolfoond te kook,  sit dit net so droog in ‘n plastiese inkopiesak of broodsakkie, en kook vir 2½ minute op Hoog.

 

Anna van Niekerk het by hierdie geleentheid ook haar 40 jaar lidmaatskapskenteken ontvang.

 

Die groep wat geverf het: Sonja Kruger, Antoinette van Pletzen, Lida Rossouw, Elize Oosthuizen, Lenie Fourie, Berta Rossouw, en Anna van Niekerk.

 

 Anna van Niekerk met die bord waarop gebreide blokkies haaks gedroog word.

 

Anna (links) ontvang haar Kenteken van voorsitter Lenie Fourie.