Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 18 April 2018

 

 

Droogtebestande tuine:

Die spreker is Alecia Brand wat vir ons op ‘n baie interessante manier meer vertel van waterwys tuine en plante. Die verandering in weerstoestande het tuinmaak ook verander. Ons moet seisoene bestudeer om te sien watter plante waar in die tuin sal aard. Sy sê jy  moet in jou tuin gaan staan en jouself afvra of jou plante droogte aanpasbaar is.

 

Water moet gespaar word en sonder water is daar geen tuin nie, daarom kies jou plante wys en geniet ‘n mooi tuin.

Grond moet goed voorberei word.  Sy moedig ons aan om ons eie kompos te maak en sê ons moet chemiese kunsmis vermy.

Deklae help baie, want die grond word so warm dat plante baie swaar kry. Boombas, grassnysels, tuinafval, rooibostee, skulpgrys en klippies is van die deklae wat gebruik kan word.   Grondbedekkers soos vygies, hou ook die grond koel.

Vetplante hou van sandgrond en water is net nodig vir oorlewing.

Sand- en leemgrond kan gemeng word om te keer dat water vinnig dreineer.

Snoei plante terug om oorlewing te rek.  As vrugtebome begin dra, moet van die vruggies uitgebreek word.  Snoei plante wanneer hul klaar geblom het.

Maak tuine vroeg-oggend of laatmiddae nat.

 

Ons siening en denkwyse oor water moet verander.

 

           Besoek gerus Bokmakierie Kwekery op Velddrif vir raad en hulp

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bokmakierie skenk ‘n plantjie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alecia Brand, Spreker

 

 

 

 

 

 

Lede woon ‘n heerlike vergadering by