Sirkel: Tygerberg
Tak: Durbanville
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Hester Geringer
Datum: 18 April 2018
Durbanville was so bevoorreg om vir Kanya Hunt as spreker te hê. Sy was deel van die Koekedoordeelnemers, groep 2, waar sy vierde geeïndig het. Deesdae behartig sy haar eie onderneming “The Hunthouse Kitchen” waar sy spesialiseer in uitsonderlike troukoeke en soms geleentheidskoeke.
Kanya is ‘n baie lewendige en humoristiese spreker waar sy ons inlig van alles wat gebeur as ‘n mens aan so ‘n werklikheidsreeks soos Koekedoor deelneem, veral wat als agter die skerms gebeur, waar daar soms ook maar baie chaos voor kom.
Kanya Hunt waar sy besig is met haar vertelling
Khanya en Estelle Mostert, die Sameroeper van Leefstyl
Estelle, Khanya en Ester de Bruyn, ons Voorsitter by Durbanville.
Leave A Comment