Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 17 April 2018

 

Petie Pretorius, sjef by ‘n plaaslike gastehuis, deel sy wenke vir flatervrye broskorsdeeg:

 

Meng 200 g koekmeel en 2,5 ml sout.

Rasper 100 g koue botter en vryf in meel tot dit soos broodkrummels lyk.

Voeg ± 30 ml yswater by om deeg te vorm.

Metode:

Bedek met kleefplastiek en laat 30 min in yskas rus voor dit gebak word.

Rol liggies uit en werk vining sodat deeg nie uitdroog nie.

Deeg moet oor die rand van tertbak of ramekin strek.

Smeer deeg op bodem met eierwit en blindbak 10 tot 15 min by 180ºC.

 

 Eurika Byleveld, wat die vergadering aangebied het, en Petie Pretorius by Vryburg VLV se Leefstyl vergadering

 

 Carien van Niekerk, Daline Geere, Eurika Byleveld en Wilma Brink was betrokke by die vergadering