Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum:  11 April 2018

 

Daar is 2 spesiale diensknopies uitgedeel by hierdie vergadering.  Eerstens aan Ina van Dyk vir 25 jaar en aan Ans Carstens vir 60 jaar.  Voorwaar ‘n mylpaal!

 

Die spreker was Gretha Helberg, ‘n gevierde kunstenaar van Hopefield wat haar tot alternatiewe geneeskunde gewend het nadat sy in 2017 in die hospitaal beland het met n maagseer, diverticulitus en ‘n poliep in haar kolon.  Sy is opgeneem met hoë bloeddruk en asemnood.

 

Sy is daarna verkeerdelik gediagnoseer met ‘n sg. “angsversteuring”.  Haar stem het ook verdwyn.  Sy het egter nie die medikasie vir die angsversteuring geneem nie, want sy het geweet dit was nie wat fout was met haar nie.

 

Sy was toevallig na Knysna saam met haar man en het daar gehoor van Lynn Pretorius van Karatara wat haar met refleksiologie behandel het om te bepaal waar daar enige blokkasies in haar liggaam voorkom.  So het sy uitgevind dat daar fout was met haar skildklier.  Sy is daarvoor behandel deur haar huisdokter en was twee maande later simptoomvry.

 

Gretha was in ekstase en het besluit om terug te gee aan haar medemens deur dieselfde aan ander te doen. Sy is hierna opgelei en het so pas gekwalifiseer deur 200 diagnoses te doen.  Haar praktyknommer word binnekort uitgereik deur dr. Jain Chumbuk in Indie.

 

Sy het in die vergadering een van die lede, Elizabeth Kotze, gebruik om refleksiologie op te doen.  Sy het verduidelik dat pyn beteken dat daar ‘n blokkasie in die liggaam is.  Aantekenings word gemaak van die probleem-areas en daarna word daar vir 30 – 40 sekondes op elke geblokkeerde reflekspunt gedruk om die blokkasie “oop”te maak.

 

Gretha is in Junie op pad na Italië vir haar kuns, maar het aangebied om die lede te behandel teen ‘n spesiale prys gedurende April en Mei.

 

‘n Baie interessante vergadering waarin die lede baie geleer het van die alternatiewe geneeskunde.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ans Carstens en Denise Bester

 

 

 

 

 

 

 Ina van Dyk en Denise Bester

 

 

 

Elizabeth Kotze en Gretha Helberg