Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Portefeulje:  Opvoeding en kultuur

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  14 April 2018

 

 

Na opening vertel Rhonnie Perrin meer oor die 40 dae tussen Paasfees en Hemelvaart wat die Emmausgangers en (ongelowige) Thomas insluit.

 

Die voorsitter vertel meer oor die ontstaan van die Voortrekkerbeweging, asook hul betrokkenheid by belangrike feeste in die verlede. Daar word ook gesels oor hul huidige plek in die samelewing en hoe dit by uitdagings aangepas het.

 

Klagtes oor die dorpsbiblioteek is ontvang.  Werknemers het nie die nodige kennis of belangstelling om lesers te help nie.  Leerders en studente ontvang ook nie hulp met hul take nie.  Die lede stem eenparig saam dat die saak met die munisipaliteit en die biblioteek se werknemers opgeneem moet word. Briewe sal aan genoemde instansies gerig word met voorstelle en versoeke.

 

Voor teetyd neem die dames deel aan ‘n prettige taalspeletjie waarvolgens plekname d.m.v. prente geïdentifiseer moet word.