Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Yvonne Neethling
Datum: 11 April 2018
SALDANHAHAWE: Spreker: Kaptein Brink
Kaptein Brink is 2014 aangestel as die hawemeester van die Saldanhahawe.
Die hawe is deel van Transnet en 9 hawens sorteer daaronder.
Ystererts, steenkool, mangaan en petrolium word in die hawens verskeep. Durban is die besigste hawe aangesien motorvoertuie hier verskeep word.
Kapt. Quintin Brink, Estelle du Plessis en Dirkie van Schalkwyk
SFF, die opgaartenks vir olie is die 2de grootste in die wêreld en ‘n nuwe aanleg is daarvoor in die Saldanhahawe gebou met onderwater pypleiding.
Die LPG terminaal bevat ook ‘n onderwater pyplyn en oor land na Sunrise Energy waar gas opgegaar word.
Mannekrag is 248 persone. Personeel word internasionaal in Durban en Kaapstad opgelei en teruggebring na Saldanha vir intensiewe en praktiese opleiding.
Groei in die hawe vind steeds plaas en ‘n kaai word beplan vir die bespoediging van sake nl. IDZ. ‘n Basis vir die verskaffing van voorraad vir skepe word beplan.
Daar is ‘n Liquid Bulk area waar die vloeistof in gas verander word.
Geen verdere mosselplase sal toegeken word in die hawegebied nie, omdat die kapasiteit bereik is.
Die ysterertshawe moet voldoen aan standaarde wat elke 3jaar verskerp word. Regulasies word uitgereik en daar moet daaraan voldoen word. 60 miljoen ton ystererts word hier hanteer
See Tema
Die Openbare Sake groep
Estelle wens Langebaan geluk met pryse gewen by die Konferensie
Leave A Comment