Sirkel: Namakwaland
Tak: Calvinia
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Annica van Greunen
Datum: 10 April 2018
Op 10 April 2018 het die sameroepster Kani Parker vir ons ‘n heerlike opvoedkundige aand gereël tenopsigte van Landbou en Tuinbou in die droogte.
Talitha de Waal was die gaspreker tydens die aand en het ons bietjie vertel van droogtetuine en watter plante is gehard genoeg en kan oorleef in die droogte. Talitha noem verskeie plante, o.a. Mirte, Bottelborsel, Vals Olyf, Knoffelblommetjie, Malvas, Vetplant rosies, Kameeltoon en Jasmyn wat in droogte en met min water kan oorleef.
Daarna het Adrene Verdoes vir ons ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om suikerbekkies na jou tuin te lok met ’n suikerbekkie voerder.
Plante wat Talitha de Waal saamgebring het vir demonstrasie
Talitha de Waal besig om ons te vertel van plante in die droogte
Adrene Verdoes met die Suikerbekkie voerder.
Leave A Comment