Datum: 26 Maart 2018
Die VLVK-president, Karien van Schalkwyk, het gedurende Maart 2018 die volgende Sirkels se Konferensies bygewoon: SWD, Overberg en Paarl.
SWD se 85ste Sirkelkonferensie te Stilbaai 2018.
Van die tafelversierings tydens SWD se 85ste Sirkelkonferensie
Karien en Johlene Muller [sirkelpresident sirkel SWD] by die verjaarsdagkoek
Karien en Johlene by die Gasspreker, Mnr Andre Latsky, Skoolhoof, Oakdale Landbouskool, Riversdal
SWD Sirkelkonferensie se Gasvroutak, Stilbaai, se vaandel
V.l.n.r. Mevv Sandra Nolte [Sirkelsekretaris en VLVK Huis en Haard Koordineerder], Linzetta Smit [VLVK-beoordelaar en VLVK-hulpkurator], Johlene Muller [SWD Sirkelpresident], Karien van Schalkwyk [VLVK-president] en Dalene van Schalkwyk [Voorsitter, Stilbaai Gasvroutak]
Sandra Nolte, Johlene Muller, Karien van Schalkwyk en Dalene van Schalkwyk.
Sirkel Overberg se Konferensie aangebied op Hermanus.
V.l.n.r. Mevv. Rienie Ludick [Sirkelpresident, Sirkel Overberg, Magda Marais, voorsitter van die Gasvroutak, Hermanus, en Karien van Schalkwyk [VLVK-president]
Konferensiegangers maak gereed vir die 85ste sirkelkonferensie van Sirkel Overberg
Mevv. Karien van Schalkwyk, Lydia Geldenhuys [oud VLVK-visepresident en oud Sirkelpresident van Sirkel Overberg] en Rienie Ludick tydens die Konferensie in die pragtig versierde foto-hoekie.
Sirkel Paarl se 66ste Sirkelkonferensie te Fraaigelegen, Paarl.
Interessante kompetisie artikels is aangebied: Mev. Aletta Keyser se Suurlemoen Roosmalvakoek het die 1ste plek verower.
V.l.n.r. Mevv Berta Spangenberg [Sirkelsekretaris], Jean Rosenstein Sirkeltesourier], Gonny du Plessis [Vise-sirkelpresident], Amari le Roux [Konferensiegasvrou, Paarl Aandtak] Marinda Rall [Sirkelpresident, Sirkel Paarl] en Karien van Schalkwyk [VLVK-president]
Twee van die Hardangerwerk middellappe met ‘n samestelling van ten minste nog drie borduursoorte.
Leave A Comment