Sirkel: Noodwes-Kaap
Konferensie
Beriggewer: Mieke Bezuidenhout
Datum: 9 & 10 Maart 2018
VLVK Sirkel Noordwes-Kaap het op 9 en 10 Maart 2018 hulle 85 ste Konferensie gehou te Kokerboomlodge op Keimoes. VLV Keimoes-tak was die gasvrou tak. Die venue was ’n lodge met ‘n lowergroen tuin en ’n heerlike groot stoep. Die studierigting was Opvoeding en Kultuur. Dit was ’n konferensie vol insiggewende en opbouende praatjies, sowel as positiewe en goeie volwasse opleiding deur demonstrasies en besprekings.
Die Venue
‘n Praatjie oor die wonderlike Kokerboom – die goue boom van ons kontrei – is deur Marina Botma aangebied. Ons het die Koekiefabriek op Keimoes van Patrys Albertyn besoek en ons eie koekies versier.
Christa Lochner , Penny Nel en Wilna Nel besig om koekies te versier.
Die plaaslike Fisioterapeut, Rejane Pietersen, het nek –stress as gevolg van die gebruik van elektroniese apparate verduidelik. Ons moet almal let op hoe ons loop en hoe ons sit en werk. Ons nek moet nie heeldag in ’n gebuigde posisie wees nie.
Rejane Pietersen Fisioterapeut
Johannes Möller uitgetrede President van AgriSA het as spreker opgetree en die dames ingelig rakende die belangrike onderwerp in hedendaagse landbou – “ Moet ons bang wees vir die nuwe grond wetgewing? “. Alitha Nieuwoudt het gepraat oor die VLVK tema vir 2018 “ More begin vandag “.
Johannes Möller , Ds Kobus Conradie en Klaas de Jager
Die items was ook volgens die Opvoeding en Kultuur studierigting, nl. baie goed uitgevoerde Namastap danspassies deur die leerlinge van Friersdale Skool en Gumboots danse en ’n koor deur Hoërskool Keimoes. Hierdie kinders het hulle besonders goed van hulle taak gekwyt.
Nama-stap, Freiersdale skool
Die jaarlikse kompetisie inskrywings was van hoogstaande gehalte. Upington tak was hier algeheel eerste, Oranjevallei tweede en Augrabies derde. Die mees uitstaande kompetisie artikel was die hardanger borduurwerk deur Corrie Botha van VLV Upington tak.
Mees uitstaande kompetisie artikel Corrie Botha
Elize de Jager het die Babsie Strauss skild ontvang vir voortgesette getroue diens aan die VLV as Leefstyl sameroeper vir die sirkel.
Elize de Jager (regs) met die Babsie Strauss trofee.
Daar is die mooi bedrag van R 3000 by die konferensie ingesamel vir die BURRE BURGER DROOGTE HULP en alle lede moes ‘n “Altzheimer vroetel lappie“ maak wat geskenk is aan verskeie bejaarde en versorgings tehuise.
Lise-Mari van der Watt arbeidsterapeut neem Altzheimers Vroetel lappies in ontvangs .
Dit was beslis ’n konferensie wat alle vlakke van die Vroue Landbou Vereniging aangespreek het en die dames is goed toegerus vir nog ’n positiewe jaar wat voorlê.
Ella Strauss ( voorsitter Keimoes ) Jean du Rand ( sekretaris ) Esmé du Toit ( sameroeper Opvoeding & kultuur en voorsitter Gesondheid ) Retha Compion ( sameroeper gesondheid ) Elize de Jager ( sameroeper Leefstyl ) Corrie Liebenberg ( vise sirkel president en voorsitter Prieska ) Wilna Nel ( Sirkel President ) Erika Lubbe ( ere gas ) Elmarie van Niekerk ( hulp sameroeper Leefstyl ) Christa Lochner ( sameroeper Landbou & Tuinbou en voorsitter Augrabies Keppies Spangenberg ( voorsitter Kakamas ) Mieke Bezuidenhout ( Tesourier en voorsitter Oranjevallei )
Leave A Comment