Sirkel:  Griekwaland-Wes

Konferensie

Beriggewer:  Maretha Nowers

Datum:  14 Maart 2018

 

 

Volop –  Lede van die VLV takke van Griekwaland-Wes sirkel het vanjaar saamgekom op Witsand Natuurreservaat vir die 86ste sirkelkonferensie.

 

Die konferensiegangers is ontvang met interessante geskenke, smaakvolle eetgoed en ‘n saal wat lyk of daar feesgevier gaan word.

 

v.l.n.r  Ilzé Coetzee ( voorsitter van Volop tak), Carien van der Berg (uittredende Sirkelpresident van Kalahari), Machel van Niekerk (Sirkelpresident: Griekwaland-Wes), Mev Erika Lubbe(vorige VLVK-president en huidige VLVK-argivaris), Mev Wilna Nel (Sirkelpresident: NW-Kaap) en Corli van Zyl (Sirkelpresident: Kalahari)

 

Mev Erika Lubbe, Mev Wilna Nel en Mev. Carien van der Berg het persoonlik hul groete boodskappe aan ons oorgedra.  Beklemtoon die waarde van VLV vriendskappe en dat ons VLV met trots moet uitdra. En wens ons ‘n pêrelfees konferensie toe.

 

Ds. Dirk Burger het ons weer daaraan herinner dat ons wyse vroue is met insig en visie. Mense sien raak wat ons vroue doen en ons leer by mekaar.   Spreuke 31:31

 

 

 

 

 

 

 

Sonja Heroldt was ons hoofspreker van die dag en sy het met haar program, Die hartklop van ‘n pêrelvrou,  elke vrou se eie waarde beklemtoon.   Sy het van haar ondervinding in die lewe met ons gesels en tussen deur vir ons van haar liedjies gesing.

 

Fanie Maritz, Sonja Heroldt en Henna Maritz

 

Sonja het na haar praatjie aan ‘n dame erkenning gegee vir die manier hoe sy haar moeilike omstandighede oorkom.  Ons erkenningspersoon was Henna Maritz wat haar  gestremde seun oppas, wat ook gediagnoseer is met outisme en 4 soorte gevalle van epilepsie.

 

Jeanette Kruger-Hibbens het met ons haar ondervinding gedeel, met die dood van haar baba, haar pad wat sy moes stap, haar woede teenoor God, maar dit maak jou heel.  Trauma verander jou.  Maar vandag kan sy sê dat sy okay is.

 

Sonja Heroldt en Jeanette Kruger-Hibbens

 

Daarna het Owen Coetzee, Toerismebestuurder van Witsandnatuurreservaat vir ons meer van die reservaat vertel en ook al die geleenthede gewys wat ons saam in die omgewing kan doen om agri-toerisme te bevorder.

 

Volgende was dit Kunste en Handvlyt se beurt en Linda Jansen het vir ons ‘n demonstrasie gelewer om lelike voorwerpe in ‘n kunswerk te omskep deur “Chalk Paint” te gebruik en dan met stensils mooi te maak.  Sy het ons aangemoedig om meer kreatief te wees.

 

Met die prysuitdeling kon elkeen weer die pryswenners se talente bewonder.  Die tak wat die meeste punte gekry het was Volop, tweede meeste, Niekerkshoop en derde, Griekwastad.  Ons sirkel se sterlid is Liezel Botha van Niekerkshoop, ons nuwe vise-president.

 

 

Mev.Machel van Niekerk en Mev. Liezel Botha